Die flukse vroue van die Naaldwerkbediening het omtrent verlede jaar hard gewerk en die drie ure se werk elke tweede week gedurende die skoolkwartale maak voorwaar ‘n verskil.
Paarl Hospitaal ontvang 125 jurkies, 130 kombersies, 40 lakentjies en 65 bless-a-baby-sakke.
Jamestown Sounds ontvang 24 musiekstaandersakke en 46 blokfluitsakkies.
En Geluksoord ontvang 17 tafeldoeke en 10 mooi kussings.
Baie dankie aan almal wat meedoen. Ook dié wat by die huis werk aan die bless-a-baby-sakke.