Probeer gerus hierdie resep vir Grondboontjiebotter Fudge. Daar is sowaar so ‘n Nasionale Dag!
Bestanddele:
½ koppie botter
450 g bruinsuiker
½ koppie melk
¾ koppie crunchy grondboontjiebotter
1 teelepel vanieljegeursel
3½ koppies versiersuiker (gesif in ‘n groot mengbak)
Metode:
Smelt die botter in ‘n pot oor medium hitte. Roer die bruinsuiker en melk in en bring tot kookpunt. Kook vir 2 minute terwyl die hele tyd geroer word. Verwyder van die hitte en roer die grondboontjiebotter en vanieljegeursel in. Giet die mengsel oor die versiersuiker en klop tot glad. Giet in ‘n gesmeerde glasbak van 20 cm x 20 cm. Laat afkoel tot dit ferm is en sny in blokkies.