Jurie en Magdaleen Goosen van die Internasionale Studentebediening bedank almal in die gemeente wat dié bediening in gebed ondersteun. Lees hier ‘n artikel oor die impak van die bediening en kontak wat hulle gehad het met ‘n merkwaardige student van Rwanda. Op die foto is Magdaleen saam met dié student ná sy ‘n eredoktersgraad van die Stellenbosch Universiteit ontvang het in Maart 2017.