Leon Cronje het Ntsiuoa Tsemane, die sendeling van Lesotho wat ons gemeente ondersteun, onlangs gekontak om te hoor hoe dit gaan en hoe hierdie tyd van inperking haar raak waar sy as sendeling in Malawi werk. Sy het ‘n kort video aangestuur en vra dat gemeentelede asb vir die volgende sake sal bid:
- onderwysersopleiding wat voorlê
- vroue wat deel is van die Bybelstudiegroep wat finansieel swaar kry
- die skooltjie vir voorskoolse kinders wat hul gemeente binnekort gaan bou
- eenheid en krag
Kyk die video hier.