Ntsiuoa Tsemane is ‘n sendeling wat vanaf Maphutseng in Lesotho kom. Sy werk in Malawi onder ‘n groep mense wat nog min tot geen blootstelling aan die evangelie gehad het nie. Ons gemeente ondersteun haar maandeliks finansieel en ons wil almal uitnooi om ook saam vir haar te bid. Hier volg haar nuutste verslag en gebedsversoeke.