Die personeel by die Paarl Hospitaal se Neonatale Eenheid was baie dankbaar vir hulle geskenkies wat ons gemeente tydens verlede jaar se Kersprojek aan hulle gegee het. Ook die moeders van die premature babatjies wat gedurende Kersfees in die hospitaal was, het geskenkies ontvang.
Volgens ons gemeente se verteenwoordiger by die Paarl Hospitaal, Mary Conradie, maak ons bydraes en betrokkenheid ‘n reuse verskil. Die Naaldwerkbediening se bydraes bly ook van onskatbare waarde wat ‘n groot verskil in die babas én moeders se lewens maak. Enige vorm van betrokkenheid word opreg waardeer!