Op die afgelope kerkraadsvergadering is besluite rakende die Hervormingsdaggetuienis, Selfdegeslagverhoudings en verbandhoudende sake goedgekeur.

Die kerkraad het ‘n beleid goedgekeur dat daar geen onderskeid getref word tussen persone met verskillende seksuele oriëntasies wat betref toegang tot die ampte en deelname aan die sakramente nie. Dit beteken dat selfdegeslag paartjies se verbintenis kerklik ingeseën mag word; kinders van selfdegeslag paartjies gedoop kan word; en dat mense met verskillende seksuele oriëntasies op die kerkraad mag dien en die Woord kan verkondig.

Die kerkraad se besluit oor Selfdegeslagverhoudings en verklaring oor selfdegeslagverhoudings kan teen die agtergrond gelees word van kerkraadsbesluite op 1 September 2015, 7 Desember 2015 en 15 November 2016.