Kom kyk in die leeskamer na al die kreatiewe maskers wat ons voorskoolse en graad 1 tot 6 kinders verlede Sondag tydens kategese gemaak het. Dit is deel van ‘n wêreldwye masker-uitdaging om die belangrikheid van skoon lug te beklemtoon. Maak vir jou ook ‘n masker wat jou daagliks daaraan herinner dat baie mense in die wêreld elke dag maskers moet dra omdat die lug rondom hulle vuil is. Volg die skakel vir meer inligting hieroor.