Ons Herfsfees was weer ‘n gesellige geleentheid van saam wees en saam eet. Die standaard was baie hoog vanjaar en die beoordelaars was beïndruk met die geurige verskeidenheid potte. Hannes Bellingan was die waardige wenner met sy kortrib beespot en Christo en Ina Dippenaar was ‘n kortkop tweede met ‘n tradisionele waterblommetjiebredie. Baie dankie aan almal wat op een of ander manier ‘n aandeel in die Herfsfees gehad het! Dit was heeeeeeeerlik!