Ons beplan ’n Roosterkoekfees om die jaar behoorlik af te skop! Roosterkoeke met wors en smoor, konfyt en kaas, ’n burger-roosterkoek of wat van ’n roosterkoek met skilpadjies? Daar sal ook ’n plaastafel met groente, vrugte, gebak en pasteie wees, vleis en wors, asook soetgoed en koeldrank vir die kinders en speletjies! Nooi almal om saam te kom kuier! Saterdag, 26 Februarie van 10:00 tot 13:00 op die grasperk langs die fietsbaan.