Dit was lekker warm en ons het omtrent gesweet om al die roosterkoeke te maak en te verkoop! Baie, baie dankie aan almal wat so hard gewerk het – van die vuuraanstekers en deegrollers wat al vroeg op hul poste was, tot die twee jong bekwame Tombola-operateurs, die tieners wat klein gesiggies moes verf, die slip-&-slide-bemanning, die bakkers vir die Plaastafel, die mooie wynskinker, flukse verkopers en skeppers en veral al die braaiers buite in die warm son! Julle is ‘n wenspan!  (foto’s geneem deur Nicho Bouma en Wouter van den Heever)