Ons het heerlik gekuier om die tafels en selfs die beurtkrag wat 14:00 ingeskop het, kon ons nie keer nie!
Dankie aan die organiseerders, Valencia vir haar heerlike sop, almal wat slaaie gebring het, die braaiers, elkeen wat gehelp het met die regskuif van die tafels (voor en na die tyd) en natuurlik die vlytige skottelgoedwassers en afdrogers. En dankie aan elkeen wat kom saamkuier het – dit was voorwaar ‘n heerlike langtafelkuier met plek vir oud, jonk, groot en klein!
