Nog net ‘n klein bietjie geduld en ons orrel is binnekort weer in tip-top-kondisie! Pyporrel spesialis Werner Hurter gee meer inligting: ‘n Pyporrel bestaan hoofsaaklik uit vier onderdele, naamlik windvoorsiening, klaviatuur, windlaaie en orrelpype. Gedurende die groot onderhoud wat tans in proses is, word al hierdie onderdele noukeurig skoongemaak, verstel en waar nodig, herstel.
Ons orrelis Winand het laat deurskemer dat hy die orrel behoorlik sal inwy met die belofte van spesiale konserte in die nabye toekoms.