Jy word uitgenooi om op Saterdagaand, 26 Februarie 2022 om 19:00 ‘n orrelkonsert in ons kerk by te woon. ‘n Nederlandse orrelis, Minne Veldman, is op toer in Suid-Afrika en nooi oud en jonk uit na dié uurlange konsert. Kaartjies sal op die aand by die deur te koop wees teen R100 per volwassene en R50 per kind. CD’s sal ook na afloop van die konsert te koop wees.