Paasnaweekdienste

Paasnaweekdienste

Elzanne van der Westhuizen is Paasnaweek aan die woord en nooi almal uit, oud en jonk, om die dienste by te woon. Daar is Donderdagaand om 19:00 ‘n meditatiewe diens waar Winand Grundling dele van sy “14 Stasies van die Kruis” gaan speel.

Vrydagoggend is daar om 09:30 ‘n Nagmaaldiens en Sondagoggend om 09:30 ‘n Paassondagdiens. Na die diens kan jy saamkuier met tee, koffie en paasbolletjies en die kinders word uitgenooi om verrassings in die tuin te soek! Laai gerus al die inligting hier af.

2019-04-12T08:02:41+00:00 11 April, 2019|Nuus|