Almal word uitgenooi na vanjaar se Pinksterdienste wat om 09:30 soggens in die kerk (met tee daarna in die vierkant) en om 19:00 saans in die konsistorie (met sop en broodjies vooraf in die konsistorie) plaasvind. Die tema vanjaar is “die vrug van die Gees”. Ons Pinksterdienste is van 29 Mei tot 1 Junie met Monty Sahd wat die dienste lei. Kliek hier vir meer inligting oor elke aand se tema.