Jy word hartlik uitgenooi om ons Pinksterreeks van 13 tot 16 Mei by te woon. Jy kan inskakel by die oggendbyeenkoms om 09:30 of die aandbyeenkoms om 18:30. Elzanne van der Westhuizen sal aan die woord wees. Die tema van ons Pinksterdienste vanjaar is: ‘n Lewe van heilige balans: die siklus van genade.

Maandag 13 Mei: Aanvaarding

Dinsdag 14 Mei: Voeding

Woensdag 15 Mei: Betekenis

Donderdag 16 Mei: Vrugdra

Ons gaan ook weer heerlik na die tyd in die aande verder kuier rondom ‘n koppie sop in die leeskamer en met koffie en tee soggens na die byeenkomste in die vierkant. Dankie aan almal wat sop en broodjies vir die aande gaan bring – julle is staatmakers!