Ons gemeente word ook geraak deur die POPIA en PAIA-wetgewing oor die bewaring van persoonlike inligting en die toegang tot inligting wat op 1 Julie in werking getree het. Ons Inligtingsbeleid en Prosedure Handleiding, wat deur die kerkraad goedgekeur is, kan hier afgelaai word. Die gemeente, as instansie wat lidmate se persoonlike data op rekord hou, moet toestemming van elke lidmaat kry om daardie data op rekord te hou en te gebruik. Ouers en voogde moet ook toestemming verleen dat ons hul minderjarige kinders se data op rekord hou en mag gebruik. Ons vra dus dat u asb hierdie vorm sal uitdruk, invul en voor die einde van Junie terugstuur aan / kom afgee by die kerkkantoor. U kan ook hierdie google form se skakel volg, dit voltooi en elektronies indien. Elke lid van die huishouding ouer as 18 en wat lidmaat van die gemeent is, moet asb sy/haar besonderhede invul. Stuur dus asb die skakels na die vorm vir uitdruk of google form ook aan vir studentekinders wat nog lidmate van ons gemeente is. Baie dankie vir elkeen se samewerking in hierdie verband!

Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA): Wet 4 van 2013. Wet op Inligting (PAIA): Wet 2 van 2000.

Vorm 1: Beswaar teen verwerking van persoonlike inligting

Vorm 2: Versoek om regstelling of skrapping van persoonlike inligting of vernietiging of skrapping van rekord van persoonlike inligting.

Vorm 4: Aansoek om die toestemming van ‘n data-subjek vir die verwerking van persoonlike inligting vir die doel van direkte bemarking.

Kostebylae

Vorm C