Voorwaar die beste Sondag van die jaar op ons Junior Kategese se sosiale kalender! Die kerksaal was omtrent ‘n bedrywigheid met kinders wat in rye gestaan en wag het vir die pannekoeke (wat net nie vinnig genoeg gebak kon word nie…), ‘n tafeltennis-“toernooi”, ‘n vinnige Simon says-speletjie en ‘n hele paar pannekoek-flips!