Hierdie is ‘n geleentheid om saam met die hele gemeente vir sewe weke by dieselfde skrifgedeeltes stil te staan, daaroor na te dink en met mekaar daaroor te gesels. Heelwat ander gemeentes in Stellenbosch doen dieselfde reeks – jy sou dalk selfs met jou kollega by die werk daaroor kon gesels!
Tydens die sewe weke is die gedagte ook dat ons by soveel moontlik van ons byeenkomste hierdie materiaal gebruik en saamdink en leer … en om dan op die Sondag dit te vier wat ons deur die week ontdek het. Saam met die proses word die geloofsgewoonte van Lectio Devina voorgestel en word ons uitgenooi om hierdie proses van “Heilige Lees” aan te leer en in te oefen. Om dit saam te doen as geloofsgemeenskap is daar ook die uitnodiging om dit saam as kleingroepe te doen.
Die boekies is teen R20 by die kerkkantoor beskikbaar of neem een by die deure op Sondagoggende en bring later jou R20.