Alle graad 1’s tot 7’s is welkom om die kinderkamp van 18 tot 20 Oktober by die Eiland Kampterrein in Jonkershoek by te woon. Inskrywingsvorms is hier beskikbaar om af te laai. As jy as ouer by die kamp betrokke wil raak en dalk wil help met toesig, idees en vermaak, kontak gerus vir Elzanne van der Westhuizen.