Die Sonderbriekers het verlede Vrydag ‘n heerlike uitstappie na Babylonstoren gehad, maar hulle moes omtrént stap om by die pas van die bekende tuinboukundige en toerleier, Ernst van Jaarsveld, te hou! Sy stories oor al die plante en verskillende areas was volop en insiggewend. Na die tuintoer is daar heerlik verder in die skadu van die Makadamiabome gekuier en gesmul aan ‘n smaaklike middagete. Ons is dankbaar vir almal wat kon saamkuier! Dankie aan Nina van Niekerk vir die neem van die foto’s.