Ons klub vir 65-plussers het op Donderdag 21 Mei ‘n heerlike saamkuiergeleentheid gehad hier by die kerk. Ons eie taalkenner van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Gerhard van Wyk, het ‘n interessante en boeiende praatjie gegee: Waar ons woorde se wortels lê. Daarna is weggelê aan die soppe, broodjies met kaas en appelkooskonfyt en soetwyn en is daar góéd gekuier om die tafels! Die middag is afgerond met koffie, tee en soet happies.