Ons klub vir 65-plussers het op Donderdag 15 Mei ‘n heerlike saamkuiergeleentheid gehad hier by die kerk. Die talentvolle Wilken Calitz het die Sonderbriekers in vervoering gehad met sy vernuftige kitaar- en vioolspel. Daarna is weggelê aan die soppe, broodjies met kaas en appelkooskonfyt en soetwyn en is daar góéd gekuier om die tafels! Die middag is afgerond met koffie, tee en koeksusters. Die volgende kuier is ‘n uitstappie in September na die Darling Blommeskou – beslis iets om na uit te sien!