Die Sonderbriekers is onlangs bederf met ‘n heerlike middagete by Rust en Vrede Wynkelder. Die gelukkiges wat daar was, kan steeds nie uitgepraat raak oor die voortreflike kos, wonderlike atmosfeer en natuurlik die fantastiese geselskap nie! Dankie aan Marianne Gründlingh vir die neem van die foto’s.