Sonderbriekers se vrugtefees in beeld

Sonderbriekers se vrugtefees in beeld

Die Sonderbriekers se vrugtefees wat in Februarie hier by ons kerksaal gehou is, was omtrent ‘n feestelike affêre! Die heerlikste verskeidenheid vrugte, kase, brode en ietsie vir die soeter tand het die tafels laat kreun.

‘n Bybelvasvra, lekker musiek en natuurlik die goeie geselskap van vriende en vriendinne het die dag nóg lekkerder gemaak. Baie dankie aan veral Johan Odendaal wat gesorg het vir die verskeidenheid vrugte en sy inisiatief met die Bybelvasvra. Volgende jaar moet ons beslis weer so maak.

 

 

2019-03-08T12:20:31+00:00 8 Maart, 2019|Nuus, Sosiaal|