Die Sonderbriekers het op 13 November hul afsluiting vir die jaar by Huis Horison gehad. Eers is hulle op ’n begeleide toer deur die tuine geneem en toe kon hulle heerlik ontspan in Huis Horison se kafee, Village Thyme. Huis Horison se koor het hulle verras met ’n baie spesiale optrede. Ons sien uit na 2026 met nuwe avonture om saam te beleef en spesiale plekke om saam te ontdek!