Kerriemaalvleisresep (45 tot 50 mense)

5 Eetlepels kerriepoeier

3 Eetlepels borrie

3 Eetlepels fyn komyn

3 Eetlepels fyn gemmer

60 ml sonneblomolie

6 groot uie (afgeskil en fyngekap)

5 kg maer beesmaalvleis

2 kg aartappels (afgeskil en in klein blokkies gesny)

2 kg gemengde groente

3 Eetlepels sout

2 Teelepels fyn swartpeper

1 ½ koppie rooiwynasyn

1 koppie suiker / fyn appelkooskonfyt

2 koppies blatjang

Metode:

Verhit die kerriepoeier, borrie, komyn en gemmer in ‘n groot pot totdat die geure lekker vrygestel word. Voeg die olie en uie by en soteer tot sag. Voeg die maalvleis by en maak fyn met die agterkant van ‘n houtlepel en verbruin. Voeg die aartappels, groente, sout, swartpeper, asyn en suiker of appelkooskonfyt by en voeg ‘n bietjie water by indien nodig. Laat dit stadig kook totdat die groente en aartappels sag is en die kerriemaalvleis deurgaar en geurig is. Roer die blatjang heel laaste by en laat deurkook. Bedien met rys en geniet!