Die Stellenbosch Bergfiets Uitdaging vind vanjaar plaas op Sondag 30 Julie. Verlede jaar was daar groot ongelukkigheid onder ons gemeentelede aangesien die verkeer ‘n nagmerrie was as gevolg van die toegangspaaie na ons kerk wat gesluit was. Ons het met die organiseerders daaroor gepraat en hulle het ons die versekering gegee dat die paaie na ons kerk beter gereguleer sal word. Lees hier wat hulle beoog en watter paaie sekere tye gesluit sal wees – maak dus voorsiening daarvoor in jou reistyd op Sondag 30 Julie.