Alle ouers van voorskoolse kinders sowel as skoolgaande kinders (graad RR tot Matriek) wat wil hê hulle kinders moet inskakel by ons Jeugbediening, moet asb die Kategese inligtingsessie van 21 Januarie bywoon. Belangrike inligting vir die jaar sal dan aan ouers en kinders deurgegee word. Ouers kan in die kerkruimte agterbly na afloop van die erediens waar Elzanne van der Westhuizen hulle sal ontmoet. Daar sal iets soet en koud wees vir almal – sien julle daar!