Ons is baie opgewonde om ons gemeente se Leerstellige en Aktuele Gesprekke, wat op Sondagaande beplan word, bekend te stel!

Die Leer- en Aktuele Sake diensgroep wil graag gespreksgeleenthede in die gemeente begin oor leerstellige en aktuele sake. Die doel is dat gemeentelede daardeur beter toegerus sal word om as gelowiges aan samelewingsgesprekke te kan deelneem, maar ook om ons geloofsoortuigings en kennis van die Bybel beter te kan verwoord.

Die ritme wat gevolg gaan word, is soos volg (telkens 19:00 – 20:00 by die kerksentrum): 

Eerste Sondae van die maand: Toerustingsgesprekke en/of – kursusse oor leerstellige en Bybelse temas

Laaste Sondae van die maand: Toerustingsgesprekke oor aktuele sake van die dag

Ons skop hierdie Sondag af met ‘n toerustingskursus oor die ontstaan van die Ou Testament (vroegste mondelinge fases, gedurende die koningstydperk, en gedurende die tydperk van Assiriese en Babiloniese oorheersing). Die aanbieder is Louis Jonker.

Laai die pamflet hier af vir volledige besonderhede.