Ons gemeente se jaarlikse Bybelnagte het op Sondagaand, 23 Oktober plaasgevind. Ons is die aand bederf met insiggewende gesprekke oor die skepping en is weer in verwondering gelaat oor die heelal. Orrelmusiek deur Winand Grundling en voorlesings deur Susan van Zyl uit haar digbundel, Sporofoor, asook die gesellige samesyn tydens die kaas en wyn, het verder gesorg vir ‘n heerlike aand. Baie dankie Louis Jonker vir die saamstel van die program en reëlings vooraf met die sprekers. Dankie ook aan Piet Smal vir die wynskenking.
Indien jy weer na die aanbiedings van die sprekers wil luister, volg die skakels vir die klankgrepe (Louis Jonker: Skepping in die Ou Testament, Marius Nel: Skepping in die Nuwe Testament en Hendrik Geyer: Van Oerknal tot swart gate). Die hele program is ook in twee dele beskikbaar op ons YouTube-kanaal.