Aan al die fietsryers wat vir die Kaapstad Fietstoer van 13 Maart ingeskryf het, kry al die inligting hier oor hoe jy Bybels kan insamel terwyl jy trap! ‘n Persoon by die Bybelgenootskap skep met jou toestemming ‘n profiel wat jy met vriende en ondersteuners op sosiale media platforms kan deel. Met dié profiel stel jy vir jouself ‘n insamelingsdoelwit en jy kan ook sien hoe jy vorder met jou poging. Vir elke R100 wat jy insamel, word ‘n Bybel asook ‘n stel geletterdheidsboekies aan iemand geskenk wat dit nie het nie. Kontak Marina Stebbing by die Bybelgenootskap indien sy jou moet help om die profiel te skep.