As gemeente neem ons met groot hartseer kennis van die afsterwe van iemand wat diep verbind is aan die storie van NG Kerk Stellenbosch-Welgelegen. Die bygaande foto is geneem uit die gemeente se 50 jaar feesbundel wat in 2015 verskyn het. Dr. Hattingh, as eerste leraar van die gemeente, onthul hier die kerkgebou se gedenkplaat wat vandag steeds sigbaar is en lees: “Aan God die eer”.
Ons medelye, liefde en gebede vir God se ontferming oor julle, gaan uit na Dr. Hattingh se familie, vriende oudkollegas en kennisse in hierdie tyd.
Ons steek graag ‘n kers aan in herinnering van hom en sy nalatenskap vir ons as gemeente vandag: Aan God die eer!
