Die Vrouebediening: Wes-Kaapland wil graag met vroue in gemeentes hier in ons omgewing saam kom om te gesels oor vroue en vrouebedieninge in vandag se konteks van kerkwees, selfs al is daar nie tans ‘n aktiewe vrouebediening in ons gemeente nie.
Op Saterdag, 20 Oktober, word ‘n saam-praat-geleentheid by NG Kerk Stellenbosch Sentraal gehou om hieroor te gesels. Laai die uitnodiging hier af.