Lydenstyd begin op Aswoensdag. Op hierdie dag is die gebruik dat ons spesifiek nadink oor ons sterflikheid en ons sonde. Aswoensdag en Lydenstyd wat daarop volg is tradisioneel ‘n tyd van geestelike vernuwing in die lewe van gelowiges en gemeentes.

Op Aswoensdag (6 Maart) nooi ons u uit om te kom deelneem aan die Lydensmeditasie dienste. Kom word Woensdagoggend (07:00) of Woensdagaand (19:00) stil met musiek en Skrif, stilte en gebed. Laai meer inligting oor Aswoensdag en Lydenstyd hier af. Jy word ook uitgenooi om saam op reis te kom na geestelike verdieping – laai gerus die eerste week se reisplan van Lydenstyd hier af.