‘n Oggendkursus word op 18 Maart by Stellenberg-gemeente deur die Hoop en Versoening Trust aangebied. Braam Hanekom, Etienne van der Walt en Inus Marais is die kenners wat jou gaan toerus en motiveer. Die kostes is R300 per persoon. Inskrywings sluit op 13 Maart. Meer inligting oor die kursus is hier beskikbaar.