‘n Heerlike slaai vir braaidag! En dit word lekkerder hoe langer dit staan. Die slaai is genoeg vir 20 mense.
Koolslaai met Seldery
1 bossie selderystingels, opgesny in blokkies
halwe kop kool, gerasper
halwe rooi kool, gerasper
1 rooi ui, dun skyfies gesny
blikkie fyn pynappel, gedreineer
halwe koppie suiker
halwe koppie wit druiweasyn
halwe koppie canola olie
varsgemaalde swartpeper en sout na smaak
pekanneute vir ekstra krakerigheid (opsioneel)