Die volgende behoeftelys is van Safehouse ontvang vir die kinders wat tans in die huis woon: onderklere (alle groottes), sokkies, donasies om skoolfonds te betaal, skoolklere (vir seuns en dogters), skoolrugsakke, skoolskoene, speelgoed vir seuns en dogters. Daar is tans meestal seuns tussen 4 en 10 jaar oud. Dan het hulle ook doeke nodig (5-10 kg), babasjampoe, Wetwipes en babapap. Al die produkte kan by die kerkkantoor afgegee word. Baie dankie!