Ons eredienste word geraak deur die Vlak 3 regulasies wat verlede week in werking getree het. Skakel asb die kerkkantoor (021 886 5975) teen Vrydae 13:00 om jou plek te bespreek indien jy graag die erediens in persoon wil bywoon, of stuur ‘n e-pos na skriba@stelwel.co.za. Kategese gaan voort in persoon by die kerk vir die volgende 2 weke tot die skole sluit vir die vakansie. Die kinders se veiligheid is ons hoogste prioriteit en ons volg streng maatreëls van koorsmeting en sanitering by die deur, ventilasie in die ruimtes wat gebruik word, sowel as veilige sosiale afstand tussen almal teenwoordig.

  • Kleuterkerk 09:30 in die konsistorie
  • Junior Kategese 09:30 in die kerk en dan na die leeskamer (Gr. 7’s) en saal (Gr. 1-6)
  • Tienerkerk: Skuif aanlyn vir die volgende 2 weke ter wille van die eksamen sowel as die hoë infeksiekoers tans. Ons vra asb. ouers om hulle tieners by te staan sodat hulle steeds kan deelneem in die volgende 2 weke!
  • Gr. 8-10: Inligting oor hierdie week se gesprek sal uitgestuur word aan tieners en ouers per Whatsapp om as huisgeloof te doen by die huis. Kontak asb. vir Elzanne indien jy nog niks ontvang het nie by elzanne@stelwel.co.za / 074 144 9226
  • Belydenisgroep: Ons gaan voort op Zoom 18:00-19:00 (skakel sal op die Whatsapp-groep deurgegee word)