Ons eredienste en ander byeenkomste by die kerk word geraak deur die Vlak 3-regulasies wat Sondagaand, 25 Julie, in werking getree het. Tans mag daar weer byeenkomste plaasvind van 50 mense en daarom is jy welkom om die eredienste Sondae om 09:30 en Geloofsgroei Byeenkomste op Woensdae om 09:30 by te woon. Junior kategese en Tienerkerk vind weer vanaf 15 Augustus plaas. Die kleuters kan direk na die konsistorie gaan vir kleuterkerk en die graad 1’s tot 7’s kan direk kerksaal toe gaan vir hulle byeenkoms en graadgroepies. Die tieners gaan oudergewoonte in die aand om 18:00 tot 19:30 na die kerksaal vir hul tienerkerk.
Die eredienste kan steeds tuis op ons YouTube-kanaal gevolg word. ‘n Whatsapp met die skakel na die erediens word ook Sondagoggende uitgestuur. Maak dus seker jy teken in op hierdie whatsapp-groep. Stoor die nommer, 079 634 0915, asseblief op jou foon en stuur jou naam en van per Whatsapp na hierdie nommer. Ons maak nie gebruik van Groups nie, maar Broadcast Lists – dit beteken dat jy gaan uitmis op die inligting indien jy nie ons nommer gestoor het op jou foon nie!