Met so baie mense wat oor die afgelope jaar hul werk verloor het, is die voedselnood in die Stellenbosch gemeenskap baie groot. Die B-Aksie het deeglik besin oor hoe ons as gemeente betrokke kan raak om te help. ‘n Lys vir ‘n basiese kospakkie is saamgestel – gemeentelede kan ‘n volledige kospakkie aankoop of los kruideniersware uit die lys aankoop en na die kerkkantoor bring. Inbetalings spesifiek vir “voedselnood” sal oordeelkundig gebruik word om aanvullende aankope te doen.