Baie, báie dankie…

… aan elkeen wat bygedra het tot ons heerlike saamkuierdag verlede Saterdag. Die totale wins vir die Lentefees en kontant inkomste was…

R139 242!

Baie dankie aan al die konvenors en hul helpers wat so hard gewerk het – julle is ‘n formidabele span! En dankie aan elkeen wat kom saam Lentefees hou het en al die tafels ondersteun het! Boonop het ons met die Stuk-Stuk-Lentefees tot einde Augustus R77 330 ingesamel! Ons Marktafel doen ook sover deurlopend goed hierdie jaar en toon ‘n goeie wins van R28 275. Ons is dankbaar vir elkeen se positiewe gesindheid en ondersteuning en is nederig dankbaar vir God se trouheid en sorg in uitdagende tye.