Op Wêreld Kankerdag, 4 Februarie, moedig KANSA mense aan om doelstellings vir hulself te stel en om hierdie doelstellings te probeer bereik. Sodoende kan hulle hulself in staat stel om die risiko van kanker te verlaag en kankerpasiënte kan beter na hul gesondheid kyk. Met die globale fokus tans net op die Covid-19 pandemie, moet ons steeds kankervoorkoming en kankerversorging ‘n prioriteit maak aangesien dit steeds onnodig lewens neem. Lees gerus deur die inligtingstukke verder en volg die skakel na die 21-dae uitdaging wat deur die Wêreld Kankerdag se webwerf geloods word.