Met ons Kersprojek wil ons  vanjaar poog om ‘n bietjie hoop in die lewens van minderbevoorregte mense en kinders te bring – deur middel van kospakkies, toiletware, skoonmaakmiddels, skoolbenodigdhede en ietsie soet om te eet. Ons wil ook dankie sê aan versorgers en personeel deur middel van ’n pakkie koekies en/of ‘n klein geskenkie. Bestudeer die meegaande pamflet vir inligting oor al die plekke wat ons vanjaar ondersteun en die produkte en dienste wat jy kan skenk. Ons het ook weer vanjaar ‘n volledige inkopielys saamgestel. Ekstras is op die B-Aksie tafel beskikbaar en gedurende die week in die kerkkantoor.