Goeie môre,

Ons wil julle weereens bedank vir al julle gebede vir ons. Ons het verlede week Woensdag veilig in Kaapstad geland.

Ons besef nou eers hoe betyds ons besoek aan Oekraïne was. Twee van die ergste aanvalle gedurende die oorlog daar het onderskeidelik 10 Oktober en 15 November plaasgevind. Rusland het  op daardie dae onderskeidelik 84 en 90 missiele/dag afgevuur om veral die kragtoevoersisteem van Oekraïne te vernietig. Alhoewel daar baie sirenes gedurende ons tyd in Oekraïne (13 Oktober tot 4 November) was, kon ons ‘n baie nodige besoek netjies tussen hierdie twee groot aanvalle inpas. Bid asb vir Oekraïne, omdat  baie van die groter stede gisteraand sonder elektrisiteit, water en verhitting was.

OOR ONS GESIN
Ons is baie, baie moeg na ons uitreik Europa toe. Daarom rus ons nou ‘n paar dae in vriende se huis op Hermanus. Ons sal Sondag Onrus se gemeente besoek.

Ons vra ook gebed vir ons kinders.
– Johan het werk gekry. Ons is dankbaar daarvoor en tog is ons bekommerd, omdat ons weet nie hoeveel inkomste hy oor die vakansietyd sal kan verdien nie. Johan se meisie, wat oorspronklik van Mariopol (‘n groot stad, wat heeltemal verwoes is) kom, land 22 November in Kaapstad. Ons is baie bekommerd oor haar en haar gesin.
– Vova is nog 2 weke op Stellenbosch om sy Engels te verbeter. Gedurende die afgelope 3 maande daar het hy ook sy bestuurslisensie gekry en is hy gekeur vir studies vanaf 2023 by Stellenbosch Universiteit. Hy het ook plek in die koshuis, Huis Marais, gekry. Hy is baie gelukkig daar en skakel in by ‘n kerk daar.
– Annamaria gaan voort met Oekraïnse skool en musiekskool. Sy doen beide aanlyn. Sy pas beter aan in SA en praat ook al beter Afrikaans. Ons soek ‘n tutor vir haar vir ekstra Afrikaans en Engelse lesse.

Ons is so dankbaar, dat ‘n gesin vir ons verblyf vanaf Maart op ‘n plaas naby Hermon verskaf het. Dit was vir ons ‘n baie besonderse en geseënde tyd van herstel.
Ons vra julle gebede (en raad), dat ons oor die vakansietyd ‘n voortuig sal kan aanskaf.

OOR ONS UITREIK
Ons het so baie, wat ons kan vertel oor ons onlangse uitreik na Europa en Oekraïne. Natuurlik is dit die beste om dit persoonlik te doen, maar ons verstaan dat dit nie moontlik is om nou almal van julle te besoek nie. Daarom het ek ‘n video-opsomming daaroor gemaak: https://www.youtube.com/watch?v=2QuM8LtNpgI .

Seënbede, Willem en Alla