Wes-Kaapland se sinode bied ‘n geleentheid vir gemeentes om deel te wees van die heropbouproses in Wupperthal. Meer as 50 huise, ‘n kliniek, skoolkoshuis, stadsaal en meer is deur die brand in puin gelê. Gemeentes en individue word genooi om ‘n bydrae te maak tot die Sinodale Rampfonds vir die heropbouproses. Lees hier hoe jy kan help.