Sondag is ‘n spesiale geleentheid waar 23 jongmense hulle geloof in die Here gaan bely voor die hele gemeente. Om ons eenheid met hulle as deel van die kerk – Christus se liggaam – te vier, gaan ons ook die nagmaal saam gebruik. Daar sal tekens by die deur beskikbaar wees wat veilig voorberei is om te neem en te gebruik tydens die diens, maar jy is ook welkom om jou eie tekens saam te bring sou jy so verkies.
